‘n Saadjie van Hoop: Hoe ‘n Boek ‘n Toekoms in Groot-Brakrivier Kan Bou
‘n Nuwe leesprojek is by vier laerskole in Groot-Brakrivier van stapel gestuur. Graad 1-leerders het elk ‘n boek ontvang om te personaliseer en te deel. Hierdie inisiatief deur Helping Relieve Poverty NPC, ondersteun deur plaaslike borge, bou grondslagfase geletterdheid – die kritieke eerste stap op ‘n pad na toekomstige vaardighede, geleenthede en gemeenskapsgroei.
